30. Jesus het ook gevoel dat van sy krag uit Hom uitgegaan het. Hy het omgedraai tussen die klomp mense en gevra: “Wie het aan my klere geraak?”
31. Sy dissipels sê toe vir Hom: “U sien daar is baie mense wat naby U staan en teen U druk. Hoekom vra U: ‘Wie het aan My geraak?’ ”
32. Jesus het rondgekyk om te sien wie dit gedoen het.
33. Toe die vrou sien wat met haar gebeur het, het sy gebewe, want sy was baie bang. Sy het gekom en voor Jesus gekniel en sy het vir Hom vertel wat gebeur het.