9. Jesus het vroeg die Sondag-oggend weer begin lewe. Hy het eerste aan Maria Magdalena verskyn. Dit is die vrou uit wie Jesus voorheen sewe duiwels uitgejaag het.
10. Sy het vir die dissipels wat altyd saam met Hom was, gaan vertel dat Jesus aan haar verskyn het. Hulle was nog besig om te huil en te treur.
11. Toe hulle hoor Jesus lewe en Maria het Hom gesien, het hulle dit nie geglo nie.
12. Daarna het Jesus verskyn aan twee van sy dissipels wat buite die stad was. Jesus het toe anders gelyk.
13. Die twee dissipels het teruggegaan na die stad en hulle het vir die ander dissipels daarvan vertel, maar die ander dissipels het hulle ook nie geglo nie.