Markus 16:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Nadat die Sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria, die ma van Jakobus, en ook Salome lekkerruik-olie gaan koop. Hulle wou dit op Jesus se liggaam gaan uitgooi.

2. Baie vroeg die Sondag-oggend, net nadat die son opgekom het, het hulle by die graf gekom.

3. Hulle het aangehou om vir mekaar te vra: “Wie sal vir ons die klip voor die graf wegrol?”

Markus 16