Lukas 6:18-24 Bybel vir Almal (ABA)

18. Hulle het almal na Jesus kom luister en hulle wou hê Hy moet hulle gesond maak. Daar was onrein geeste in party mense, en Jesus het daardie mense ook gesond gemaak.

19. Almal wou graag aan Jesus raak, want daar het krag uit Hom gekom en die krag het almal gesond gemaak.

20. Jesus kyk toe na sy dissipels en Hy sê vir hulle:Julle wat arm is, is gelukkige mense,want God is julle Koning.

21. Julle wat nou honger is,is gelukkige mense,want God sal vir jullegenoeg gee om te eet.Julle wat nou huil,is gelukkige mense,want julle sal lag.

22. Julle is gelukkige mensewanneer die mense julle haaten wegjaagen beledig en slegte dingevan julle sêomdat julle aan My behoort,aan My, die Seun van die mens.

23. Julle moet bly weeswanneer dit gebeur,so bly dat julle rondspring,want in die hemel sal Godbaie goed wees vir julle.Kan julle onthou wat gebeur hetmet die profete?Die voorouers van die mensewat vir julle nou haat,het die profete lank geledeook so gehaat.

24. Maar God sal dit sleg laat gaanmet julle wat ryk is,want dit het in hierdie lewegoed gegaan met julle.

Lukas 6