Lukas 3:20-28 Bybel vir Almal (ABA)

20. Maar Herodes het toe iets gedoen wat nog slegter is: Hy het vir Johannes in die tronk toegesluit.

21. Johannes het al die mense gedoop, ook vir Jesus. Toe hy klaar vir Jesus gedoop het, het Jesus gebid, en toe het die hemel oopgegaan.

22. Die Heilige Gees het afgekom na Jesus toe soos ’n duif uit die lug afkom. God het uit die hemel gesê: “Jy is my Seun, Ek is lief vir Jou. Jy maak My bly.”

23. Jesus was omtrent 30 jaar oud toe Hy begin het om te preek en om wondertekens te doen. Die mense het gedink Hy is die seun van Josef. Josef was die seun van Eli,

24. Eli die seun van Mattat, en Mattat die seun van Levi. Levi was die seun van Melgi, en Melgi die seun van Jannai, en Jannai die seun van Josef.

25. Josef was die seun van Mattatias, Mattatias die seun van Amos, Amos die seun van Nahum, Nahum die seun van Hesli, Hesli die seun van Naggai,

26. Naggai die seun van Mahat, Mahat die seun van Mattatias, Mattatias die seun van Semeïn, Semeïn die seun van Josek, Josek die seun van Joda,

27. Joda die seun van Johanan, Johanan die seun van Resa, Resa die seun van Serubbabel, Serubbabel die seun van Sealtiël, Sealtiël die seun van Neri,

28. Neri die seun van Melgi, Melgi die seun van Addi, Addi die seun van Kosam, Kosam die seun van Elmadam, Elmadam die seun van Er,

Lukas 3