Levitikus 6:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. hy moet alles teruggee waaroor hy gelieg het en gesê het die Here is die getuie. Wanneer mense sê dat hy dit gedoen het, en hy is skuldig, dan moet hy alles teruggee en hy moet ook nog een vyfde daarby sit.

6. Hy moet ook vir die Here ’n skuld-offer gee. Hy moet ’n gesonde skaap-ram vir die priester bring om ’n skuld-offer te wees. Die priester moet sê hoe groot die ram moet wees.

7. Die priester moet dan vir hom versoening doen, en die Here sal hom alles vergewe wat hy verkeerd gedoen het.”

8. Die Here het vir Moses gesê:

9. “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê wat hulle met die brand-offer moet doen. Die brand-offer moet die hele nag deur op die vuurmaakplek op die altaar bly tot die volgende oggend. Die vuur moet aanhou brand.

Levitikus 6