1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir jou skoon olyf-olie bring sodat die lampe op die lampstaander altyd kan brand.
3. Aäron moet die lampstaander neersit voor die gordyn in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die kis waarin die tien gebooie is, staan agter die gordyn. Die lampe moet van die aand tot die oggend voor die Here brand. Julle nageslag moet dit ook altyd doen.
4. Aäron moet die lampe op die goue lampstaander sit, dit moet altyd daar voor die Here wees.”
10-11. Daar was ’n man, hy was die seun van ’n Israelitiese vrou en ’n Egiptiese man. Sy ma was Selomit, dogter van Dibri, sy was van die Dan-stam. Hy het baklei met ’n Israelitiese man. Die seun van die Israelitiese vrou en die Egiptiese man het die Naam van die Here gelaster toe hy die ander man wou vervloek. Hulle het hom na Moses toe gebring.