Levitikus 18:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Ek is julle God die Here.

3. Julle het voorheen in die land Egipte gewoon, maar julle mag nie die dinge doen wat die mense van daardie land gedoen het nie. Ek bring julle nou na die land Kanaän, maar julle mag ook nie die dinge doen wat die mense van daardie land doen nie. Julle mag nie lewe soos hulle nie.

12-13. Jy mag nie seks hê met jou tannie nie, sy is jou pa of jou ma se suster.

Levitikus 18