Josua 19:33-51 Bybel vir Almal (ABA)

33. Die grens van hulle grond begin by die stad Gelef, by die groot boom by die stad Saänannim, en dit gaan verby die stede Adami-Nekeb en Jabneël tot by die stad Lakkum, en dan tot teen die Jordaan-rivier.

34. Dan draai die grens wes na die stad Asnot-Tabor en dit gaan van daar na die stad Gukok, en verder tot teen die Jordaan-rivier oos van die land Juda. Die grond van die Sebulon-stam is suid van die grond van die Naftali-stam, en die grond van die Aser-stam is wes van die grond van die Naftali-stam.

35. Daar was ook stede wat sterk mure het, hulle was: Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,

36. Adama, Rama, Hasor,

37. Kedes, Edreï, En-Gasor,

38. Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes. Hulle het 19 stede en die dorpies daar naby gekry.

39. Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Naftali-stam.

40. Josua het die sewende lootjie getrek, en die Dan-stam het hulle grond gekry.

41. Die stede wat aan hulle behoort het, was Sora, Estaol, Ir-Semes,

42. Saälbim, Ajalon, Jitla,

43. Elon, Timna, Ekron,

44. Elteke, Gibbeton, Baälat,

45. Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon,

46. Me-Jarkon, Rakkon, en ook die grond naby die stad Joppe.

47. Die Dan-stam het hulle grond verloor en hulle het toe die stad Lesem aangeval en oorwin. Hulle het die mense van die stad doodgemaak. Hulle het die stad vir hulleself gevat en hulle het daar gaan woon. Hulle het Lesem se naam verander, hulle het die stad “Dan” genoem, dit was soos hulle voorvader Dan se naam.

48. Hierdie stede en die dorpies daar naby het behoort aan die families in die Dan-stam.

49. Nadat die Israeliete klaar vir elke stam sy deel van die land gegee het, het hulle vir Josua ook ’n stuk grond tussen hulle gegee.

50. Die Here het gesê hulle moet vir Josua die stad gee wat hy vra. Dit was Timnat-Serag in die Efraim-berge. Josua het die stad reggemaak en hy het daar gaan woon.

51. Dit was al die grond wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde vir die Israeliete gegee het. Hulle het lootjies getrek voor die Here in die stad Silo, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

Josua 19