1. Hulle het lootjies getrek om vir die Manasse-stam grond te gee, want Manasse was Josef se oudste seun. Makir was Manasse se oudste seun, hy was die pa van Gilead. Makir het die land Gilead en die land Basan gekry, want hy was ’n man wat kon oorlog maak.
2. Die ander families in die Manasse-stam het ook grond gekry. Dit was die families van die mans in die nageslag van Manasse seun van Josef. Die families was Abiëser, Gelek, Asriël, Sekem, Gefer en Semida.