Josua 13:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die Sidon-mense woon in die Libanon-berge tot by die stad Misrefot-Majim. Ek sal hulle almal ook wegjaag om plek te maak vir die Israeliete. Maar jy moet lootjies trek om die land vir die Israeliete te gee, jy moet doen soos Ek vir jou gesê het.

7. Jy moet nou begin en jy moet hierdie land verdeel sodat elke stam van die nege stamme en die halwe Manasse-stam sy eie grond sal kry.”

8. Die stamme Ruben en Gad het saam met die halwe Manasse-stam hulle grond gekry wat Moses oos van die Jordaan-rivier vir hulle gegee het. Hulle het dit gekry toe Moses, die dienaar van die Here, dit vir hulle gegee het.

9. Dit is die land van die stad Aroër langs die Arnon-vallei, en die stad wat binne-in die Arnon-vallei is, en die hele Hoëveld van die stad Medeba tot by die stad Dibon,

10. al die stede van koning Sihon van die Amoriete tot teen die land van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon.

Josua 13