12. Toe Pilatus hoor wat Jesus sê, het hy probeer om vir Jesus te laat gaan, maar die Jode het hard geskree: “As jy vir Jesus laat gaan, dan is jy nie die keiser se vriend nie. Jesus het gesê hy is ’n koning. Daarom is hy ’n vyand van die keiser.”
13. Toe Pilatus hoor wat die Jode sê, het hy vir Jesus buitetoe laat bring. Pilatus het op die regterstoel gaan sit. Die plek waar die regterstoel gestaan het, se naam was die Klipstoep. Die Hebreeuse naam van die plek is Gabbata.
14. Dit was die dag voor die Paasfees, die dag waarop die Jode alles gereedgemaak het vir die Paasfees. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Pilatus het vir die Jode gesê: “Kyk, hier is julle koning!”
15. Hulle het hard geskree: “Jy moet vir Jesus wegvat! Jy moet hom wegvat! Jy moet hom laat kruisig!”Pilatus het vir hulle gevra: “Moet ek vir Jesus, julle koning, laat kruisig?”Die priesterleiers het vir Pilatus gesê: “Jesus is nie ons koning nie! Ons het net een koning, en dit is die keiser!”