Job 41:12-18 Bybel vir Almal (ABA)

12. Sy asem steek vuur aan die brand,daar kom vlamme uit sy bek.

13. Sy nek is baie sterk,almal skrik wanneer hulle hom sien.

14. Die sagste deel van sy liggaamis so hard soos metaal.

15. Hy is vir niks bang nie,sy hart is so hard soos klip,so hard soos die onderste maalklip.

16. Wanneer hy opkom uit die water,dan skrik almal wat sterk is,hulle vlug wanneer hy die waterslaan met sy stert.

17. Dit help nie om hom te steekmet ’n swaard nie,ook nie met ’n spies of ’n pyl nie.

18. Yster en brons is vir hom soos kaf,soos vrot hout.

Job 41