Job 32:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Want ek het baiewat ek wil sê,ek kan nie stilbly nie.

19. Ja, ek voel soos ’n wynsakwat wil bars, die woordewaaraan ek dink,is so baie.

20. Ek moet praat,dan sal ek beter voel,ek sal sê wat ek wil sê.

21. Ek wil nie téén een mens weesen ’n ander mens kies nie,ek wil niemand te veel prys nie.

22. Ek prys nie graag mense nie,en wanneer ek dit doen,dan sal God my dadelik straf,God wat my gemaak het.

Job 32