Job 32:10-14 Bybel vir Almal (ABA)

10. Daarom sê ek: Luister na my,ek wil ook sê wat ek weet.

11. Onthou, ek het gesê ek het gewagtotdat julle eerste gepraat het,ek het geluister na die slim dingewat julle gesê hetterwyl julle gesoek hetna die regte woorde.

12. Ek het goed geluisterna wat julle sê,maar niemand kon wysdat Job verkeerd is nie,nie een van julle kon homreg antwoord nie.

13. Oppas, julle moenie sê: ‘Onshet wysheid gekry’ nie.’n Méns kan nie vir Job antwoord nie,net God kan dit doen.

14. Job het nie met mý gepraat nie,en ek sal hom nie antwoordsoos julle dit probeer doen het nie.

Job 32