Job 31:2-7 Bybel vir Almal (ABA)

2. Maar wat het God aan my gedoen?Sal die Almagtige in die hoë hemeliets vir my doen?

3. Dit moet sleg gaan met mensewat verkeerd doen.Mense wat slegte dinge doen,moet swaarkry.

4. God weet hoe ek gelewe het,Hy weet alles wat ek gedoen het.

5. Ek was nie vals en skynheilig nie.

6. Wanneer God my toets, dan sal Hy weetdat ek heeltemal reg gelewe het.

7. Ek het nie weggedraai van die regte pad nie,ek het nie iets gevat wat ek graag wou hê nie,my hande is skoon.

Job 31