Job 27:14-18 Bybel vir Almal (ABA)

14. Hulle sal miskien baie seuns kry,maar die seuns sal nooit genoeg kos hêom te eet nie en hulle sal in oorlog sterf.

15. As daar dan nog seuns lewe,dan sal hulle sterf van pes,en hulle weduwees sal nie rou oor hulle nie.

16. Die mens wat verkeerd lewe,sal miskien baie silwer bymekaarmaak,so baie soos stof.Hy sal miskien baie hope klere hê,so baie soos klei.

17. Maar die mense wat reg lewe,sal daardie klere dra.Mense wat nie verkeerd gedoen het nie,sal die silwer tussen hulle verdeel.

18. Die mens wat verkeerd doense huis kan hom nie beskerm nie.Hy is soos ’n wurmpie in sy nes,of soos ’n wagin ’n huisie van takke,sy huis kan hom nie beskerm nie.

Job 27