Job 13:25-28 Bybel vir Almal (ABA)

25. Ek is soos ’n blaarwat afgewaai het van ’n boom,ek is soos droë kaf.Hoekom wil U my bangmaaken hoekom wil U my volg en jaag?

26. Hoekom laat U my so baie swaar kry,hoekom onthou U nog die sondeswat ek gedoen het toe ek jonk was?

27. Dit is soos wanneer U my voetein ’n blok sit,dit is soos wanneer U kyk na elke treewat ek gee.

28. Ek is ’n mens wat sal sterfen sal verdwynsoos ’n ding wat vrot word,soos klere wanneer die motte dit vreet.

Job 13