Jesaja 60:3-6 Bybel vir Almal (ABA)

3. Nou sal die volke en die koningslewe in jou lig,die lig van jou nuwe dag.

4. Jerusalem, kyk rondom jou,jy sal sien jou seuns en jou dogterskom van ver.Mense dra hulle,en hulle kom almal bymekaar,hulle kom na jou toe.

5. Wanneer jy dit sien,dan sal jy baie bly wees.Jou hart sal vinnig klopen jy sal bly word,want al die duur en mooi dingevan die volke sal joune word.Dit sal na jou toe kom oor die see.

6. Daar sal baie kamele na jou toe kom,kamele van die lande Midian en Efa.Hulle sal almal van die land Skeba komen hulle sal goud en wierook bring.Die mense sal die Here prys.

Jesaja 60