10. “Mense van ander lande sal jou mure bou,en hulle konings sal vir jou werk,want Ek het jou gestraf toe Ek kwaad was,maar Ek wil graag weer goed wees vir jou.
11. Jou poorte sal elke dag en nag oop weessodat die duur en mooi dinge van die volkena jou toe kan kom,en sodat die volke hulle koningsna jou toe kan lei.
12. Dit sal sleg gaan met die volkewat jou nie dien nie,die vyande sal hulle lande verwoes,en hulle stede sal hope klippe word.
13. Die hout van die beste bome op Libanon-bergsal na jou toe kom,sipreshout, plataanhout en dennehout,en dit sal my tempel mooi maak,Ek sal die plek waar Ek woon, pragtig maak.
14. Die mense wat jou verdruk heten wat gedink het jy beteken niks,sal na jou toe komen laag voor jou buig.Hulle sal jou noem ‘Stad van die Here, Sion wat behoort aan die Heilige God van Israel.’
15. Daar het niemand in jou gewoon nie,niemand wou deur jou loop nie.Maar nou sal almal trots wees op jou,elke nuwe geslag sal bly wees oor jou.
16. Volke en hulle konings sal jou oppassoos ’n ma haar kind oppas,en jy sal weet Ek is die Here wat jou red,die Sterk God van Jakob is jou Bevryder.