Jesaja 60:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jerusalem, jy moet opstaan,jy moet jou lig laat skyn,want jou lig het gekom,die lig van die Here self sal op jou skyn.

2. Ja, kyk, dit is donker oor die aarde,oor al die volke.Maar die Here gee vir jóú lig,sy lig kom na jou toe.

3. Nou sal die volke en die koningslewe in jou lig,die lig van jou nuwe dag.

4. Jerusalem, kyk rondom jou,jy sal sien jou seuns en jou dogterskom van ver.Mense dra hulle,en hulle kom almal bymekaar,hulle kom na jou toe.

Jesaja 60