Jesaja 56:4-6-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. want die Here sê:‘Die mense wat ontman is, moet aanhouom my Sabbatdag te vieren om te doen wat Ek wil hê.Hulle moet aanhou lewe soos Ek gesê hettoe Ek met die Israeliete ’n verbond gemaak het.

5. Dan sal Ek hulle name opskryfin my tempelsodat almal dit altyd sal onthou.Hulle name in die tempelsal vir hulle belangriker weesas seuns en dogters.Hulle name sal altyd daar wees.

6-7. En Ek sal die mensewat nie Israeliete is nieen wat My kom dien,op my gewyde berg bringsodat hulle bly sal weeswanneer hulle in die tempel kom bid.Hulle moet lief wees vir my Naam,hulle moet my dienaars wees,hulle moenie die Sabbatdag ontwy nieen hulle moet aanhou lewesoos Ek vir hulle gesê hettoe Ek met die Israeliete’n verbond gemaak het.Ek sal daarvan houdat hulle op my altaar offers bring,almal sal weet dat al die volkein my tempel kan kom bid.’ ”

10. Die leiers wat die volk moet oppas,is soos honde wat niks sien nieen niks hoor nie,hulle wil net lê en slaap.

11. Hulle is soos honde wat altyd honger isen nooit genoeg kos kry om te eet nie.Of, hulle is soos skaapwagterswat nie weethoe om hulle werk te doen nie.Elkeen doen wat hy wilen hy sorg net vir homself.

12. Hulle sê vir mekaar:‘Kom ons drink nog wyn.Môre sal soos vandag wees,nee, dit sal nog beter wees.’ ”

Jesaja 56