Jesaja 56:10-12 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die leiers wat die volk moet oppas,is soos honde wat niks sien nieen niks hoor nie,hulle wil net lê en slaap.

11. Hulle is soos honde wat altyd honger isen nooit genoeg kos kry om te eet nie.Of, hulle is soos skaapwagterswat nie weethoe om hulle werk te doen nie.Elkeen doen wat hy wilen hy sorg net vir homself.

12. Hulle sê vir mekaar:‘Kom ons drink nog wyn.Môre sal soos vandag wees,nee, dit sal nog beter wees.’ ”

Jesaja 56