Jesaja 55:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Julle almal wat dors is,julle moet kom na die water.Julle wat nie geld het nie,julle moet kom koop en eet,julle moet wyn en melk kom koop,maar dit kos niks.

2. Hoekom betaal julle vir ietswat nie regtig kos is nie?Hoekom werk julle vir ietswat julle nie volmaak nie?Julle moet goed na my luistersodat julle iets kan eet wat goed is,sodat julle lekker kan eetvan die beste kos.

3. Luister en kom na My toe,luister sodat julle kan lewe.Ja, Ek wil ’n verbond maak met julle,’n verbond wat vir altyd sal wees.Ek wil aanhou lief wees vir jullesoos Ek lief was vir Dawid.

Jesaja 55