Jesaja 54:6-9 Bybel vir Almal (ABA)

6. Jerusalem, jou God sê:“Jy was soos ’n vrou,haar man wou haar nie meer hê nie.Toe Ek jou geroep het,was jy soos ’n vrou met wie ’n man getrou hettoe hy nog jonk was,maar later het hy haar weggejaag.Jy was baie hartseer.

7. Ek het jou ’n kort tydjie gelos,maar nou neem Ek jou weer terugen Ek is weer baie lief vir jou.

8. Ek het kwaad geworden Ek wou jou ’n kort tydjie nie sien nie,maar Ek sal weer jammer wees vir jouen Ek sal altyd lief wees vir jou.”Dit sê die Here wat jou vrymaak.

9. “Dit is vir My soos die watervloed van Noag. Ek het belowe dat die water van Noag nie weerdie aarde sal toemaak nie,en nou belowe Ek dat Ek nie sal aanhouom kwaad te wees vir jou nie.Ek belowe dat Ek nie sal aanhou raas met jou nie.

Jesaja 54