Jesaja 53:11-12 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here sê:“My dienaar het baie swaar gekry,maar hy sal lewe en tevrede weesdat hy My ken.My dienaar is nie skuldig nie,hy is regverdig,en hy sal belangrike mense regverdig maak,want hy sal die straf kry vir alleswat hulle verkeerd gedoen het.

12. Daarom sal Ek vir hom ’n plek geeby die belangrike mense.Hy sal saam met die leiers besluithoeveel goed elkeen moet kryná die oorlog.Ek sal dit doen omdat hy tevrede wasom te sterf toe almal gedink hetdat hy een van die opstandige mense is.Hy het die straf gekry vir die sondevan die belangrike mense,en hy het gebid vir die mensewat opstandig was.”

Jesaja 53