Jesaja 34:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Volke, julle moet almal luister,die aarde en alleswat op die aarde is,moet luister,die wêreld en alleswat uit die wêreld kom,moet luister.

2. Die Here is baie kwaadvir al die volkeen vir al hulle soldate.Hy sal hulle almal laat doodmaak.

3. Hulle soldate sal sterf in oorlog,en die dooie liggame salop die grond lê en stink.Die berge sal vol bloed wees.

4. Al die sterre in die lug sal smelten die hemel sal toerolsoos ’n boekrol.Die sterre sal val soos droë blarevan ’n wingerdstok of ’n vyeboom val.

Jesaja 34