Jesaja 33:2-8 Bybel vir Almal (ABA)

2. Here, wees asseblief genadig vir ons,ons wag dat U ons moet help.Maak ons elke oggend sterk,red ons, want ons kry swaar.

3. Wanneer U praaten die volke hoor u stem,dan vlug hulle.Wanneer U opstaan en nader kom,dan vlug die volke.

4. Ander volke sal die goed wegvatwat daardie volk gevat het.Die ander volke sal soos sprinkane komen hulle sal alles wegvat.

5. Die Here is bo almal,want Hy woon in die hemel.Hy sal sê,en die mense in Sionsal almal weer reg doenen regverdig wees.

6. Hulle sal altyd die Here vertrou.Hy sal hulle reden Hy sal vir hulle wysheid en kennis gee.Hulle sal die Here dien,dit sal hulle ryk maak.

7. Luister hoe roep die mensevan Jerusalem.Hulle vra dat die Herehulle moet kom help.Luister hoe huil die boodskapperswat moet sê daar is vrede.

8. Niemand loop op die paaie nie,niemand kom verby nie.Die vyand het sy ooreenkomsmet ons gebreek.Hulle het ons stede maklik oorwin,ons mense kon hulle nie keer nie.

Jesaja 33