3. Ek, die Here, pas my wingerd op,Ek gee die wingerd altyd water.Ek pas die wingerd elke dag en nag op,sodat niemand dit kan verwoes nie.
4. Ek is nie meer kwaad nie,maar wanneer Ek dorings en bossiesin my wingerd kry,dan trap Ek self die wingerd platen Ek steek dit aan die brand,en ook die dorings en bossies.
5. As my volk nie wil hêEk moet dit doen nie,dan moet hulle vrede maak met My.Hulle moet vrede maak met Myen hulle moet in my tempel kom vradat Ek hulle moet beskerm.
6. Die tyd sal later komwanneer die mense van Israelsoos bome sal weeswat wortels het en watblomme en vrugte dra.Die vrugte sal baie wees,die aarde sal vol vrugte wees.
7. Die Here het die mensevan Israel gestraf,maar Hy het hulle vyandenog meer gestraf.Hy het party van die mensevan Israel doodgemaak,maar Hy het nog meer van hullemoordenaars doodgemaak.
8. Die Here straf die mensevan Israel op ’n ander manier,Hy het hulle weggestuuruit hulle land.Toe die warm oostewind waai,het die Here hulle weggewaaimet ’n sterk wind.