Jesaja 16:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die Here wat lief is vir julle,sal dan iemand koning maakvan die nageslag van koning Dawid.Dit sal iemand wees wat koning mag wees,iemand wat regverdig regeeren wat weet hoe om reg te doen.

6. Ons het gehoor dat die Moabietehoogmoedig en trots is.Hulle dink hulle is wonderlik,maar hulle het niks om oor te spog nie.

7. Daarom huil die een Moabietoor die ander een,hulle almal huil,hulle is moedeloos,hulle huil oor die rosyntjiesvan die stad Kir-Geres,

8. want die wingerde by die stede Gesbon en Sibmahet verdroog.Mense wat regeer oor volke,het dronk geword van die rooi wyn.Die wingerde se ranke het gegroeitot by die stad Jaser, tot in die woestyn.Die ranke het verder en verder gegroeitot verby die see.

9. Daarom huil ek nousaam met die mense van Jaseroor die wingerd van die stad Sibma,ek huil baie tranesaam met die mense van Gesbon en Elale,want daar is nie vrugte en koringwaaroor hulle kan sing nie.

Jesaja 16