Jesaja 13:20-22 Bybel vir Almal (ABA)

20. Daar sal nooit weer mense in Babel woon nie.Nie een Arabier sal sy tent daar opslaan nie,en skaapwagters sal nie hulle skapedaar laat rus nie.

21. Woestyn-diere sal in Babel lê,uile sal oral in die huise sit,volstruise sal daar rondloop,en veldgode sal daar dans.

22. Hiënas en jakkalse sal huil in die mooi huisewaar die mense van Babel feesgevier het.Die tyd is naby wanneer die Here Babel sal straf.Die stad se dae is verby,die vyande sal dit verwoes.

Jesaja 13