4. Die vyande sal julle vangen julle sal voor hulle moet buig,of julle sal sterf in die oorlog.Maar dit was nie genoeg vir die Here nie.Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
5. Dit sal sleg gaan met die Assiriërs.Hulle was vir My ’n kierie en ’n stok.Ek slaan my volk met die kierie,want Ek is kwaad vir hulle.
6. Ek stuur die Assiriërs na hierdie slegte volk toe,na die mense vir wie Ek kwaad is.Die Assiriërs moet my volk se goed vaten op hulle trap soos ’n mens trapop modder in die strate.
7. Maar dit is nie genoeg vir die Assiriërs nie,hulle wil mense doodmaak,hulle wil baie volke doodmaak.
8. Die koning van Assirië sê:“My amptenare is konings van ander volke.
9. Ek het baie stede oorwin:Kalno, Karkemis, Hamat, Arpad, Samaria en Damaskus.
10. Ek het die afgode se stede oorwin,en daar is meer beelde in die ander stedeas in Jerusalem en Samaria.
11. Ek sal met Jerusalem en die beelde van sy afgode doensoos ek gedoen het met Samaria en sy afgode.”
12. Die Here sal die werk klaarmaak wat Hy wil doenop Sionsberg en in Jerusalem,en dan sal Hy die koning van Assirië straf,die koning wat so hoogmoedig is.
13. Want die koning van Assirië het gesê:“Ek is sterk en ek is slim,ek het ander mense se lande en goed gevat.Daardie mense is nou my slawe.
14. Ek het alles vir myself gevatwat aan die ander volke behoort,en al hulle lande het my lande geword.Dit was soos wanneer iemand eiers uit ’n nes vatmaar die voël klap nie sy vlerke nie,en hy maak nie sy bek oop en skree nie.”