18. Die Here sê: “Kom ons praat met mekaar.Iets wat so rooi soos bloed is,kan nie wit word soos sneeu of wol nie.Mense wat groot sondaars is soos julle,kan nie rein word nie. Maar Ék sál julle rein maak.
19. As julle luister na My,dan sal dit goed gaan met julle hier in die land.
20. Maar as julle nie wil luister nie,dan sal die vyande julle doodmaak.”Dit is wat die Here gesê het.
21. Die Here het ook gesê:“Julle, die mense in hierdie stad, Jerusalem,het gedoen wat Ek wil hê.Julle het reg gedoen aan almal, julle was regverdig,maar julle het ontrou geword, julle is nou moordenaars.
22. Dit is soos wanneer iemand silwer smelten grond daarby gooi,of dit is soos wanneer iemand water by bier gooi.