26. maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie, julle was hardkoppig en julle was slegter as julle voorvaders.
27. “Jeremia, jy sal dit alles vir die volk sê, maar hulle sal nie na jou luister nie. Jy sal hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.
28. Dan sal jy van hulle sê: ‘Hulle is die volk wat nie gehoorsaam was aan hulle God die Here nie en wat nie gedoen het wat Hy vir hulle gesê het nie. Daar is niks wat reg is by hulle nie.
29. Jerusalem, jy dink jy is ’n nasireër, maar jy moet jou lang hare afknip en ’n klaaglied sing op die heuwels waar daar nie plante groei nie. Jy moet huil en treur oor jou mense wat dood is, want die Here het sy volk gelos omdat Hy kwaad is vir hulle. Vyande het hulle weggevat.’ ”