59. Seraja seun van Nerija seun van Magseja het saam met koning Sedekia van Juda na Babel gegaan. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning geword het. Seraja moes sorg dat die koning slaapplek het langs die pad. Die profeet Jeremia het vir Seraja gesê wat hy moet doen wanneer hy in Babel kom.
60. Jeremia het al die slegte dinge wat met Babel sal gebeur, in ’n boek geskryf, alles wat hier oor Babel geskryf is.
61. Jeremia het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, dan moet jy na die stad kyk en jy moet al hierdie woorde lees,
62. en dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U wil hierdie plek verwoes sodat niemand hier sal woon nie, nie ’n mens of ’n dier nie. U het ook gesê dat die stad altyd leeg sal wees.’