Jeremia 51:49-52 Bybel vir Almal (ABA)

49. Die vyande moet Babel verwoes,want Babel het baie mense van Israel laat sterf,ook mense van die hele aarde.

50. Julle wat vry weggekom heten nie gesterf het nie,julle moet gaan, julle moenie wag nie.Julle is ver van hier in ’n ander land,maar julle moet dink aan die Here,julle moet Jerusalem onthou.

51. Ons vyande het ons verneder,hulle het ons gespot, ons is skaam,want vreemde mense het ingekomin die gewyde plekke van die tempel.

52. Die Here sê:“Dit moet julle weet, die tyd sal komwanneer Ek die gode van Babel sal strafen in die hele land sal die mensewat seergekry het in die oorlog,huil en kla.

Jeremia 51