Jeremia 49:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here praat oor die Ammoniete, Hy sê:“Die Israeliete het seuns wat hulle goed kan erf.Hoekom het die koning van die Ammonietedie Gad-stam se grond gekry?Hoekom het die Ammoniete gaan woonin die stede van Gad?”

2. Die Here sê:“Omdat hulle dit gedoen het,sal Ek eendag oorlog laat komin Rabba, die stad van die Ammoniete.Hulle sal die ramshorings blaas.Die stad Rabba sal ’n hoop klippe word,’n hoop grond word waar niemand woon nie,en die vyande sal die stede naby Rabba verbrand.Dan sal die Israeliete die stede terugkrywat die Ammoniete gevat het.”Dit sê die Here.

Jeremia 49