Jeremia 48:18-27 Bybel vir Almal (ABA)

18. Mense van die stad Dibon,julle moet afklim van julle mooi stoele,julle moet op die grond in die stof gaan sit,want die mense het gekomwat julle stad sal verwoes,hulle het julle sterk mure afgebreek.

19. Mense van die stad Aroër,julle moet langs die pad gaan staan,julle moet kyk, en wanneer daar mense komwat vry weggekom het en wat vlug,dan moet julle vir hulle vra:‘Wat het gebeur?’ ”

20. Moab het die oorlog verloor,ja, hulle het bang geword.Julle moet huil en vra dat iemand hulle moet help,julle moet vir die mense by die Arnon-rivier verteldat die vyande vir Moab verwoes het.

21. Die Here straf die mense op die Hoëveld, die mense van Golon, Jahesa, Mefaät,

22. Dibon, Nebo, Bet-Diblatajim,

23. Kirjatajim, Bet-Gamul, Bet-Meon,

24. Kerijot en Bosra, al die stede in die land Moab, ver en naby.

25. Die Here sê:“Moab was sterk maar nou is hy swak,hy is soos ’n man met ’n af arm.”

26. Julle moet Moab dronk maak totdat hy opgooi,want hy het gedink hy is belangriker as die Here.Die ander volke moet vir hom lag.

27. Moab, dit sal met jou gebeuromdat jy vir Israel gelag hetsoos ’n mens lag vir ’n diefwanneer jy hom vang.Ja, jy het oor Israel gepraat,maar nou moet jy jammer wees vir jouselfen jy moet jou kop skud vir jouself.

Jeremia 48