8. Die Galdeërs sal terugkom en hulle sal oorlog maak teen hierdie stad en dit oorwin en dit verbrand.
9. Die Here sê: Julle moenie julleself bedrieg nie, moenie dink die Galdeërs het heeltemal weggegaan nie, want hulle hét nie weggegaan nie.
10. Ook as julle miskien al die soldate van die Galdeërs oorwin wat oorlog maak teen julle, dan sal die soldate wat seergekry het en in hulle tente lê, opstaan, en hulle sal hierdie stad verbrand.”
11. Toe die soldate van die Galdeërs weggegaan het van Jerusalem, het hulle gehoor dat die soldate van die farao kom.
12. Jeremia het toe weggegaan uit Jerusalem. Hy wou na die land Benjamin gaan om sy deel te kry van die grond van sy familie.
13. Maar toe hy in die Benjamin-poort kom, het ’n offisier van die wagte vir Jeremia gegryp. Die offisier was Jirija seun van Selemja seun van Gananja. Jirija het gesê: “Jy wil nou na die Galdeërs toe gaan om saam met hulle te veg.”