16. Die Here sê:“Jy moenie aanhou huil nie,want Ek sal vir jou iets geeomdat jy dit alles gedoen het.”Dit sê die Here.“Jou kinders sal terugkomuit die vyand se land.
17. En jy sal weet dat dit latergoed sal gaan met jou,jou kinders sal terugkom na hulle land.”Dit sê die Here.
18. Ek, Jeremia, het iets gehoor, dit is seker:dit is Efraim wat soebat en sê:“U het my geslaan, ek het slae gekrysoos ’n kalf wanneer iemandhom mak wil maak.Bring my terug na U toe,en laat my terugkom,want U is my God die Here.
19. Ek vra dit,want nadat ek weggegaan het van U,was ek jammer daaroor.Ek weet nou beter en ek slaan myselfop my heupe,want ek is skaam, ek voel sleg,ek is skaam oor alles wat ek gedoen hettoe ek jonk was.”
20. “Die mense sal sêEfraim is my kind, Ek is die liefste vir hom,Ek hou die meeste van hom,want elke maal wanneer Ek teen hom praat,dan dink Ek nog aan homen dan word Ek baie hartseer en ontsteld.Daarom sal Ek jammer wees vir homen Ek sal hom help,Ek sál dit doen.”Dit het die Here gesê.