Jeremia 30:15-20 Bybel vir Almal (ABA)

15. Hoekom skree julle en vraiemand moet julle help?Hoekom word julle nie gesond nie?Ek het hierdie dinge aan julle gedoenomdat julle so baie verkeerde dingegedoen het,omdat julle sondes so baie is.

16. Daar was mense wat vir julle opgeëet het,maar ander mense sal húlle nou op-eet.Ander mense sal al julle vyande vangen wegvat uit hulle land.Ander mense sal die goed vat van almalwat julle goed gevat het.Ek sal almal wegvat wat vir julle weggevat het.”

17. Die Here sê:“Ja, Ek sal nuwe vel laat groeioor julle seerplekkeen Ek sal julle gesond maakwaar julle seergekry het.”Die Here sê:“Ja, mense van Sion, die mense het gesêdie ander mense het julle alleen gelos,niemand soek julle nie.

18. Maar Ek sal dit weer goed laat gaanmet die tente van Jakob,Ek sal weer jammer weesvir hulle woonplekke.Hulle sal die stad weer bouop die heuwel wat nounet klippe is,en die paleis sal weer staanwaar hy moet staan.

19. Hulle sal sing en lag,almal sal dit hoor.Ek sal hulle baie laat word,hulle sal nie min mense wees nie.Ek sal sê dat mensehulle moet respekteer,hulle sal nie onbelangrik wees nie.

20. Die mense van Jerusalem sal weessoos hulle voorheen was,hulle almal saam sal My dien,en Ek sal almal straf wat vir hulle verdruk.

Jeremia 30