8. “Baie mense sal by hierdie stad verbykom en hulle sal vir mekaar vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie groot stad?’
9. En hulle sal sê: ‘Die Here het dit gedoen omdat die mense van hierdie stad die verbond met hulle God die Here gebreek het. Hulle het weggegaan van die Here, hulle het voor ander gode gebuig en hulle gedien.’ ”
10. Julle moenie huil oor die koning wat dood is nie,julle moenie oor hom rou nie.Julle moet huil oor die koning wat moes weggaan,want hy sal nie terugkom nie,hy sal die land nie weer sien nie,die land waar hy gebore is.