13. Die Here het gesê:“Maar Ek sal aanhou mooi praatmet die mense van Israeltotdat hulle weermy volk wil word.Ek sal hulle terugneemna die woestynen Ek sal mooi dinge vir hulle sê.
14. Ek sal weer vir hulle wingerde gee,en hulle sal daarin die Akor-vallei wagom in die land in te gaan.Hulle sal daar weer praatsoos in die tydtoe hulle ’n jong volk was,toe hulle uit Egipte gekom het.”
15. Die Here het ook gesê:“Daardie dagsal die mense van Israel sê:‘U is ons God.’Hulle sal nie meer sê:‘U is ons Baäl’ nie.
16. Ek sal die Baäls se name wegvatuit die mense van Israelse mond,hulle sal nie meeroor die Baäls praat nie.
17. Daardie dag sal Ek hulle helpom ’n ooreenkoms te maak,’n ooreenkoms tussen hulleen die diere en die voëlsen al die klein diertjieswat op die grond kruip.Daar sal nie meer oorlog weesin die land nie,Ek sal hulle veilig laat woon.”
18. Die Here sê vir die mense van Israel:“Ek sal julle my volk maak,julle sal altyd my volk wees.Ek sal dit doensoos ’n man ’n bruid neem,dan is die bruid altyd sy vrou.Ek sal reg doen aan julle.Ek sal lief wees vir julleen goed wees vir julle.
19. Ek sal julle my volk maak,julle sal My altyd wil dien.Julle sal altyd nabydie Here wil wees.”
20. Die Here sê:“Daardie dag sal Ek praat.Ek sal praat met die lug,en die lug sal met die aarde praat,