Hebreërs 8:10-13 Bybel vir Almal (ABA)

10. Want die verbond wat Ek latermet die Israeliete sal maak,sal só wees, sê die Here:Ek sal my wetteop hulle harte skryfen dit sal binne-in hulle wees.Ek sal hulle God weesen hulle sal my volk wees.

11. Hulle sal nie meer vir mekaarleer of sê:“Jy moet die Here ken” nie.Hulle almal sal My ken,onbelangrike enbelangrike mense,

12. want Ek sal die dinge vergewewat hulle verkeerd gedoen het,Ek sal nie meer dinkaan hulle sondes nie.

13. God het gepraat van ’n “nuwe” verbond, en so het Hy gesê dat die eerste verbond nou die “ou verbond” is. Wanneer iets oud word en oud is, dan sal dit gou verdwyn.

Hebreërs 8