1. Dit is waar: Mense wat in God glo, is baie seker dat God die dinge sal doen wat hulle hoop. Geloof is ’n bewys van die dinge wat ’n mens nie kan sien nie.
2. Ons voorouers het in God geglo, en daarom sê die Ou Testament dat God tevrede was met hulle.
3. Ons wat in God glo, verstaan dat God gepraat het en só die hemel en die aarde gemaak het. ’n Mens kan party dinge nie sien nie, maar God het daardie dinge gebruik om die dinge te maak wat ’n mens kan sien.