Handelinge 3:25-26 Bybel vir Almal (ABA)

25. Julle is die kinders van die profete en van die verbond wat God gemaak het met julle voorvaders. God het vir Abraham gesê: ‘Al die volke van die aarde sal My vra om hulle te seën soos Ek jou nageslag sal seën.’

26. Daarom het God sy Dienaar Jesus gestuur. God het Hom eerste na julle toe laat kom. Die Dienaar wil julle seën, Hy wil elkeen van julle laat ophou om verkeerde dinge te doen.”

Handelinge 3