Habakuk 2:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek sal bo-op die muur gaan staansodat ek ver kan sien.Miskien sien ek wat die Herevir my wil sê.Miskien antwoord Hy my vrae.

2. Die Here het geantwoord. Hy het vir Habakuk gesê:“Ek sal vir jou iets wys,en jy moet dit groot skryfop plat klippe,sodat almal wat daar verby hardloop,dit kan lees.

3. Ek sal vir jou iets wys.Dit sal kom op die regte tyd.Dit sal gebeur, dit is seker.As dit nie gou gebeur nie,dan moet jy wag,want dit sál gebeur.

4. Hoogmoedige mense sal nie krywat hulle wil hê nie,maar mense wat reg lewe,sal aanhou leweomdat hulle gehoorsaam is aan My.”

Habakuk 2