Genesis 45:26-28 Bybel vir Almal (ABA)

26. Hulle het vir hom vertel dat Josef nog lewe en dat hy die hoof is oor die hele Egipte. Jakob het groot geskrik en hy was baie ontsteld. Hy het hulle nie geglo nie.

27. Jakob se seuns het vir hulle pa alles vertel wat Josef gesê het. Toe Jakob die waens sien wat Josef vir hom gestuur het om op te ry, het hy opgewonde geword

28. en gesê: “Ek is tevrede. My seun Josef lewe nog. Ek wil gaan en ek wil hom sien voordat ek sterf.”

Genesis 45