Genesis 38:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ná ’n lang tyd het Juda se vrou Bat-Sua gesterf. Hy het gehuil en getreur oor haar, en toe die tyd verby was toe hy gerou het, het hy na die stad Timna gegaan om sy skape en bokke te gaan skeer. Sy vriend Gira van Adullam het saam met hom gegaan.

13. Die mense het vir Tamar vertel: “Jou skoonpa gaan na Timna om sy skape en bokke te skeer.”

14. Tamar het gesien dat Sela groot geword het, maar Juda het haar nie vir Sela gegee sodat hulle twee kon trou nie.Tamar trek toe haar weduwee-klere uit en maak haar gesig toe met ’n sluier. Sy het haar vermom en gaan sit by die stad Enajim se poort langs die pad wat na Timna gaan.

15. Toe Juda haar sien, het hy gedink dat sy ’n prostituut is, want sy het haar gesig toegemaak met ’n sluier.

16. Hy het by haar gestop en vir haar gesê: “Kom, ek wil asseblief seks hê met jou.”Hy het nie geweet dat dit sy skoondogter is nie. Tamar vra toe vir hom: “Wat sal jy my betaal?”

17. Hy het geantwoord: “Ek sal vir jou ’n bok-lam gee. Ek sal dit later vir jou stuur.”Sy sê toe: “Jy moet eers vir my ’n bewys gee dat jy die bok-lam sal stuur.”

Genesis 38