Genesis 21:21-26 Bybel vir Almal (ABA)

21. Hy het in die Paran-woestyn gewoon. Sy ma het vir hom ’n vrou uit Egipte gekry, en hy het met haar getrou.

22. In daardie tyd het koning Abimelek en Pikol, die hoof van sy leër, vir Abraham gesê: “God help jou met alles wat jy doen.

23. Jy moet nou belowe dat jy nie vals sal wees teen my of teen my kinders of my nageslag nie. Ek was vriendelik met jou, en jy moet ook vriendelik wees met my en met hierdie land waar jy ’n vreemdeling is.”

24. Abraham het gesê: “Ek belowe.”

25. Later het Abimelek se manne ’n put van Abraham vir hulleself gevat. Abraham het by Abimelek daaroor gekla.

26. Maar Abimelek het gesê: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie. Jy het ook nie voorheen vir my daarvan vertel nie. Ek het vandag die eerste maal daarvan gehoor.”

Genesis 21